Tuesday, October 5, 2010
vrotpoot praat in sirkels...
Sien, na 'n onvoorspelbare aand in Stellenbosch en drie dokters weet ek en my groen gipsie dat my pols gekraak is - ja, só eenvoudig, maar ook só lastig. Vandag in die spreekkamer deel die dokter hierdie wysheid met my (p.s. - Hy's nogal oud and you know what they say: met wysheid kom grysheid):
"Voor jy trou, kry eers vir jou arm of been in so gips en dan sal jy sien of daai boyfriend van jou die moeite werd is."
Nou ja Dokkie, ek is beslis nie van plan om binnekort te trou nie (indien ooit), maar as mens jou stukkie raad op sy kop draai klink hy selfs beter... kry vir jou 'n gips en jou geliefdes (familie, vriende, ens. - nie boyfriend nie, stupid!) sal sien of jý die moeite werd is. Gewigtig, ja ek weet, maar ek het tot hierdie besef gekom nadat ek op my ma geskróú het dat ek nie haar roomys kan oopmaak nie omdat my eie onbereikbaar in sy eie pakkie my lê en tart het, omdat ek nie kan bestuur met die vrotpoot nie, maar ek haar nie 'n kans wou gee om te help nie, omdat, omdat, omdat... (Ek verkies om op te hou om myself daaraan te herinner want 'n goeie nag se rus klink so aanloklik).
Bottom line - Jis, maar mens kan 'n poepol wees as jy geen middelvingers het om te wys nie - as jy moet vent raak dit moeilik om jou slagoffers te kies.
Oplossing: As jy weet, laat weet my, want as dinge so aanhou is ek een van die dae onterf (wat nogal kak sal wees).
Sing nou saam: Ek's baie baie lief vir Mammie!
...noem my GroenArm, die gegote
Tuesday, September 14, 2010
Die koorsboom van kennis van goed en kwaad...
Om by die gatkant te begin en vorentoe te werk...
Sopas het ek 'n boek deur Jaco Kirsten, om na 'n wit plafon te staar, klaargelees en dit het my kop behoorlik aan die stink. gun my nou my leke opinie: So... dis 'n boek oor die skryf van 'n boek (moet nou nie klaar begin spot nie, asseblief - laat ek eers my steek inkry). Die fiksionele boek is uiters kontroversieel en suksesvol en gaan oor 'n velpigment-eksperiment wat alle wit mense swart kan maak. Nie te shitty idee nie - dink net hoe lekker sal almal hul in mekaar se skoene kan plaas en daai stuff. Die fisiese, regte-egte, vis-en-chips-papier-blaaie sagteband gaan oor die ou wat die storie skryf. Deur die loop van die boek speel die skrywer heeltemal te veilig met sy aannames deur dit in die tweede, fiksionele boek te regverdig. Dis jammer, want as hy dit nie gedoen het nie, sou die klippe wat die regte boek gooi dalk net meer universeel en treffend gewees het, sonder dat dit oorlaai is met Lourens, die hoofkarakter, se eie misrabele lewe turn superstar, se ideologiese regverdigings. Nie dat die boek my nie aan die dink gekry het nie (soos reeds vermeld, meneer), maar hel, dis moeilik om met die hoofkarakter of die raakvat kommentaar te assosieer as die grootste loser in die boek my aan myself laat dink. Introspeksie is natuurlik nie 'n te kak idee nie. So daar... die boek oor chips op skouers en die geen oplossing-oplossing wat dit bied, het my nou 'n chip op my skouer gegee, maar dis all cool (djiss, ek laaik hierdie engafrikaans!) aangesien ek 'n kind van my tyd is en ons grootste kenmerk/pluspunt is ons ongelooflike vermoeë om apaties like hell te bly (ek sien die amerikaners noem ons die hipster generation)
Vergun my net die vergulde geleentheid, dames en here, om gou met 'n ander deur in 'n ander huis te val. Vandag moes ek die besluit maak of ek 'n petisie vir die behoud van afrikaans op kampus wil onderteken. Ek is blerrie vurig oor afrikaans, maar oor die VF+... nie juis nie. Ek moes baie hard met my apatiese self praat en sê dat opinieloosheid erger as daai adam tas-bliksems is, en toe teken ek maar die ding. there, i've said it!! ek verstaan nie juis die groter prentjie i.t.v. die hele taalstryd op tuks nie (dis die ou ballies by "jou pa soek jou" se werk), maar ek verstaan wel deeglik (veral na die lees van die boek waaroor ek nou net breingal gebraak het) dat mens nie bang moet wees om aan te spreek wat jou na aan die hart lê nie - al kom dit effens regserig voor... regs + links + 'n tikkie (ja, net 'n tikkie) apatie mag dalk net maak dat hierdie koek rys/reis.
Laastens, ek en my rookgewoontes. Die ander aand is ek effens geteer-en-veer deur die liewe maats van my wat nog nooit gerook het nie, al soms gerook het, of soos ek gerook het en (relatief) opgehou het. Ek is in my proses om te quit, maar is baie prontuit oor die feit dat ek gladnie van plan is om heeltemal op te hou nie. Ja, nou dat ek minder rook en meer bewus is van daai kêk smaak in my ongeborselde bek as ek in die oggende wakker word, verstaan ek die argument dat rook sommer 'n stjupid gewoonte is met GEEN voordele nie... behalwe, natuurlik, daai een rede wat my keer op keer nog een laat light. Neeee, nie addiction nie, poepol! Sien, hier is my teorie: toe ek nog 'n geleentheidsroker was (ja, soos meeste maar begin met die rookstorie) het ek altyd gerook wanneer ek die skwêr gekap het of good times met my maats gehad het. Nou, as permanente roker rook ek steeds van tyd tot tyd as ek good times het, maar meeste van die tyd is dit sommer deur die loop van die mundane, dag-tot-dag bestaan van die my gemiddelde studente lewe. Dis egter effens moeilik vir my om non chalant te aanvaar dat ek so grys bestaan voer, en elke keer as nog 'n tjoefie light, dan se my onderbewussyn "ja bra, nou rol jy weer". now you go think about this, voor jy hierdie as bullshit afmaak, mmmkay? (ek weet die ander rookkoppe sal met my saamstem)
flip you in the seaside!
(ps - die Stellies lingo, soos ek belowe het: welkom in Pretoria; bff; dankie dat ons kan vriende wees; tough croud, tough croud, mamma voëltjie, baba voëltjie; juss, eks effens dors; ens. as jy aan nog kan dink, add hulle)
Saturday, August 14, 2010
nagnewel
Vir die moeë siel draai hy te hoog -
om te stop is is eens te maklik.
Met vrees reeds ingeboesem is dit nou te moeilik om weer op te klim.
al wat oorbly van 'n verspeelde kans is die draai in my maag - soos 'n kring aasvoëls in die bleekwit blou.
Tuesday, August 10, 2010
moenie oud wees, wees kind
- enige iets waardevol (soos 'n hip flask) moet maar by die huis gelos word.
- history may repeat itself, maar geen 'Koppie is die selle nie.
- bietjie dronk wees en trashy goed vir 'n ewe dronk vriend se word actually in daai oomblik as appealing beskou.
- as jy dronk is kan jy sing
- screw boeretroos in die oggend - bier werk die beste vir jou babbelaas (vir nou)
- laat vaar alle hoop op romanse - oues of nuwes of verbodes
- doughnuts wat rondlê mag dalk liquid acid op hê - jy sal dit maar moet eet om uit te vind
- "dis proper shit, ek sweer" is tien teen een 'n groot vet lieg!
- "o, my vriende staan net hier" - jy het hulle klaar weer verloor skattie, kyk maar...
- nog een: "ons wag net hier"
- niemand kan jou koppie (letterlik en figuurlik) maak werk nie, behalwe jy self
- don't count your chickens before they have hatched, maar niks keer jou om solank die eiers te tel nie.
Die grootste les wat ek eintlik geleer het, is dat verwagtinge soos die grootste, groenste appels soms melerig kan uitdraai (maar soms ook nie). Die geheim lê seker in wat jy daarmee doen - gooi jy dit in die bos en drink nog 'n bier of laat jy toe dat jou laaste/enigste appel jou die ander vrugte in jou cooler box mis kyk. Sodra die ontnugtering egter ingesink het en jy effens meer oopkop na die hele storiekyk, kom jy tog agter dat niks ooit uidraai soos jy verwag het nie. Daar is wel altyd daai sonsak oomblikke is om jou te herinner dat allie bull shit wat jy hoor oor hoe iets, ja soos OppiKoppi, moet wees sommer ouvrou stories is - die juweeltjies lê in die tye waarvan jy eintlik nooit hoor nie. Sien, die oomblikke wat werklik besonder is maak nie mooi stories nie, eerder is dit die oomblikke wat jou maak jou huil. En huil is goed, se ek.
OppiKoppi het my geleer dat dit nie gaan oor hoe dronk jy was, hoe erg jy ball's getrip het nie, hoeveel keer jy gebloei het nie... dit gaan oor die velties wat jy vang terwyl maats 'n oog hou, huppel in stof strate, vals sing op die maat van vyf-minus-een-snaar kitaar tunes, huil en weet dis OK want niemand judge nie, en ook weet dat daai ou wat oorkant jou sit en uit sy maag lag vir jou lame grap jou bra is wat na die fees nog steeds sal lag as jy poog om 'n gatiep en meraai te vertel (al het hy dit al gehoor).
En laastens... nooit het ek gedink vals note saam effens besope vriende, 4 meter in die lug, sal my beste memory van oppikoppi wees nie, maar jis... dit was pragtig! Jamie, Chrisp, Adam, Peet, Monique, Drew, Marnus - i love you guys!!
Sunday, August 1, 2010
rymelary
druk dit in my mond en proe
hoe dit soos ooryp rooi granaatsap teen my ken afdrup
Friday, July 30, 2010
tydsaam
Genoeg van daai filosifising (jap, my eie term) bull shit; hier is my voorneme vir die week: Doen steeds baie (jy wil tog nie as 'n boring leer handsak dooi nie?), kry net 'n beter beat om op te dans. O, en die tydsaam ding... spandeer meer tyd saam met mense wat op soortgelyke (verkieslik 60's guitar riffs - dink Rollin Stones) beats as jy dans. sodoende is die ronddobbery minder lukraak en meer soos 'n hoërskool revues - daars altyd iemand wat jy agter die gordyn kan bêre...