Tuesday, August 10, 2010

moenie oud wees, wees kind

Ja, en toe gebeur 'Koppi - hier is wat ek geleer het:
  • enige iets waardevol (soos 'n hip flask) moet maar by die huis gelos word.
  • history may repeat itself, maar geen 'Koppie is die selle nie.
  • bietjie dronk wees en trashy goed vir 'n ewe dronk vriend se word actually in daai oomblik as appealing beskou.
  • as jy dronk is kan jy sing
  • screw boeretroos in die oggend - bier werk die beste vir jou babbelaas (vir nou)
  • laat vaar alle hoop op romanse - oues of nuwes of verbodes
  • doughnuts wat rondlê mag dalk liquid acid op hê - jy sal dit maar moet eet om uit te vind
  • "dis proper shit, ek sweer" is tien teen een 'n groot vet lieg!
  • "o, my vriende staan net hier" - jy het hulle klaar weer verloor skattie, kyk maar...
  • nog een: "ons wag net hier"
  • niemand kan jou koppie (letterlik en figuurlik) maak werk nie, behalwe jy self
  • don't count your chickens before they have hatched, maar niks keer jou om solank die eiers te tel nie.

Die grootste les wat ek eintlik geleer het, is dat verwagtinge soos die grootste, groenste appels soms melerig kan uitdraai (maar soms ook nie). Die geheim lê seker in wat jy daarmee doen - gooi jy dit in die bos en drink nog 'n bier of laat jy toe dat jou laaste/enigste appel jou die ander vrugte in jou cooler box mis kyk. Sodra die ontnugtering egter ingesink het en jy effens meer oopkop na die hele storiekyk, kom jy tog agter dat niks ooit uidraai soos jy verwag het nie. Daar is wel altyd daai sonsak oomblikke is om jou te herinner dat allie bull shit wat jy hoor oor hoe iets, ja soos OppiKoppi, moet wees sommer ouvrou stories is - die juweeltjies lê in die tye waarvan jy eintlik nooit hoor nie. Sien, die oomblikke wat werklik besonder is maak nie mooi stories nie, eerder is dit die oomblikke wat jou maak jou huil. En huil is goed, se ek.

OppiKoppi het my geleer dat dit nie gaan oor hoe dronk jy was, hoe erg jy ball's getrip het nie, hoeveel keer jy gebloei het nie... dit gaan oor die velties wat jy vang terwyl maats 'n oog hou, huppel in stof strate, vals sing op die maat van vyf-minus-een-snaar kitaar tunes, huil en weet dis OK want niemand judge nie, en ook weet dat daai ou wat oorkant jou sit en uit sy maag lag vir jou lame grap jou bra is wat na die fees nog steeds sal lag as jy poog om 'n gatiep en meraai te vertel (al het hy dit al gehoor).

En laastens... nooit het ek gedink vals note saam effens besope vriende, 4 meter in die lug, sal my beste memory van oppikoppi wees nie, maar jis... dit was pragtig! Jamie, Chrisp, Adam, Peet, Monique, Drew, Marnus - i love you guys!!

No comments:

Post a Comment