Vader Tyd is 'n regte ou bitch (of dalk eerder son of a -, ne?) siende dat hoe meer tyd jy nodig het, hoe minder het jy. Daarom het ek nou besluit dat die ding van "hoe meer jy doen, hoe meer kry jy gedoen" 'n moddertrappery is. Eintlik moet ons sê: Hoe meer jy doen, hoe dieper is daai ou bra se mes in vir jou - hoe meer jy doen, hoe meer dans jy maar net op die ritme van die horlosie teen die muur (i.e. going nowhere, slowly).
Genoeg van daai filosifising (jap, my eie term) bull shit; hier is my voorneme vir die week: Doen steeds baie (jy wil tog nie as 'n boring leer handsak dooi nie?), kry net 'n beter beat om op te dans. O, en die tydsaam ding... spandeer meer tyd saam met mense wat op soortgelyke (verkieslik 60's guitar riffs - dink Rollin Stones) beats as jy dans. sodoende is die ronddobbery minder lukraak en meer soos 'n hoërskool revues - daars altyd iemand wat jy agter die gordyn kan bêre...
No comments:
Post a Comment