Hier staar ek nou
na die niks
net om uiteindelik te weet (nie te aanvaar nie, maar te weet):
Jy sal nie bel nie
*
As die deur agter jou toegemaak is,
lê daar 'n magdom potte en panne en skerwe om gewas te word
(alles nog van vanmiddag se soet pannekoek en bittersoet drome)
Ek vermy die niks van daar waar jy net vanmiddag nog gesit het
en blaai deur die boeke wat jy hier gelos het,
lusteloos.
Alleen.
(en steeds klou jou lyfreuk aan my klere, kussing, kombers)
*
Miriam Makeba sing in die agtergrond
No comments:
Post a Comment