Thursday, September 22, 2011

Reisjoernaal

En soos die son sak rek die skadu's al langer totdat daar uiteindelik niks
is nie en al wat oorbly is ek,
alleen
in die donker en in myself gekeer besig om te vra "wat nou?".

Dis in skemer oomblikke soos hierdie wat ek jou verlang en onthou hoe onskuldig jy was,
soos oggendmis.
Maar niks kan die felheid van die son weerstaan nie en

wanneer donker na ure se heimlike smeekbede
aanbreek, is dit 'n spokelag wat my tart
en ek word gekoggel
deur die hitte wat om my uitsypel na die niks waarbinne ek my bevind.


Jy het op vakansie gegaan en nooit weer terug gekom nie.

No comments:

Post a Comment