Saturday, October 22, 2011

Jy moes geloop het toe dit nog lekker was

Hier staar ek nou
              na die niks
              net om uiteindelik te weet (nie te aanvaar nie, maar te weet):
Jy sal nie bel nie

 *

As die deur agter jou toegemaak is,
lĂȘ daar 'n magdom potte en panne en skerwe om gewas te word 
(alles nog van vanmiddag se soet pannekoek en bittersoet drome)

Ek vermy die niks van daar waar jy net vanmiddag nog gesit het
en blaai deur die boeke wat jy hier gelos het,
lusteloos.

Alleen.

(en steeds klou jou lyfreuk aan my klere, kussing, kombers)

*

Miriam Makeba sing in die agtergrond

Thursday, September 22, 2011

Reisjoernaal

En soos die son sak rek die skadu's al langer totdat daar uiteindelik niks
is nie en al wat oorbly is ek,
alleen
in die donker en in myself gekeer besig om te vra "wat nou?".

Dis in skemer oomblikke soos hierdie wat ek jou verlang en onthou hoe onskuldig jy was,
soos oggendmis.
Maar niks kan die felheid van die son weerstaan nie en

wanneer donker na ure se heimlike smeekbede
aanbreek, is dit 'n spokelag wat my tart
en ek word gekoggel
deur die hitte wat om my uitsypel na die niks waarbinne ek my bevind.


Jy het op vakansie gegaan en nooit weer terug gekom nie.

Sunday, August 21, 2011

requiem

ou woorde klou aan my soos klitsgras
jou woorde klou aan my soos klitsgras
vlou woorde klou aan my soos klitsgras
rou woorde klou aan my soos klitsgras

stadig sak die son agter die horison en die lang skadus kruip tot binne my gemoed

Monday, August 1, 2011

Gemiddeldheid word gemaklik

Ek is kaal van naiwiteit,
bloed drup van my vingers.
My Bybel le met sy kop in die sand,
my bra brand saam my drome aan die wasgoeddraad.

Ek is die wind se kind:
Die krysende kraai aanbid my,
maar vlieg is overrated.

Monday, July 25, 2011

woord-kiekie

Die horlosie roep: "encore" vir die spoke,
sterre verskiet onder die brug.
En dan, terwyl jy vertel van niks en alles
pleeg die gode 'n reendans

Thursday, July 21, 2011

hypothermia

Body numb, mind racing.
Like a marching band winter is pacing through my day,
stomping on the sunshine,
halting and altering the beat in my veins.

Monday, April 4, 2011

weekend-lover

vry is ek (in die week, ten minste)
om vriende te sien en my ma te bel
om te gaan fliek en nie te veel te dink nie
om vroeg op te staan en laat te gaan slaap, soos dit my pas

jy is hier oor naweke
en ons lag en droom en slaap (soms)
jy skop wyn op my mat om en rook op my stoep

maandag tot vrydag (-middag) werk ek weer
dinsdag doen ek shopping
woensdae kom die bediende
donderdag is die doodsnik van my geroetineerde vryheid

jy is my weekend-lover
want ek maak nie planne nie, maar
ek maak brekvis