Thursday, March 26, 2015

Reis-nota

'n Wolkbreek van lig en skaduwee,
Plataanbome,
Koeie soos rotse,
Kamikazi vlinders sneuwel teen die voorruit. 
Lappe mielielande, soos oopgeslaande boeke, blaai verby. 
Drade rangskik soos gebede van telefoonpaal tot telefoonpaal. 
Voor teen die pad is die gras groen, kloste sade wink op die ritme van die wind. 
Daar is kallers, kinders, karre, huise; 
maar na agter raak die landskap al meer deinserig todat die 
waas van die blond en die 
waas van die blou versmelt, 
Soos die agtergrondstories van mense wat jy in bars ontmoet. 

No comments:

Post a Comment