My drome is sopas terug van die droogskoonmakers
op hierdie sombere Sondagoggend
waar die son treur in lang slap skaduwees
wat spruit uit die wortels van bome en voete.
Tortels weeklaag jou lepel
wat onlangs heel terloops sy weg na die dak gevind het.
Ek was nog nooit lief vir tafel maniere nie (fok jou Emsie Schoeman).
Die vrou in die straat se rooi rok koggel my,
Ek onthou oopgebarste granate in skemerings op jou ouma se plaas
en honde wat die sap van ons ellemboƫ lek.