Tuesday, September 18, 2012

Die sondes van kees

My vingers is die veskrompelde penisse van ou mans,
op soek na 'n laaste bietjie opwinding krap hulle in sakke,
vat en los soos die lis kwyn en swel.

Is ek so ou soos my tande, of so oud soos my hande?

Thursday, September 13, 2012

Neonlig in Afrika

Jan van Riebeek het in sout geweek,
soos 'n sardien of styfbeen-bokkom,
met al sy trawante aan land gekom.

Hulle het geskop, geskiet en gemoer
en beskawing gesaai van die voet van die berg tot daar doer
waar 'n meisie met kraal en doek vergeefs na die liefde soek.