Tuesday, September 14, 2010

Die koorsboom van kennis van goed en kwaad...

Sjoe, dis nou mooi 'n maand sedert ek iets kwyt geraak het, so vanaand is dit seker geregverdig dat ek my koorsige (wees versigtig, dalk ylende) kop se derms sommer wild wil uitryg. Die drie dinge wat my op die hart lê is rook (en my poging om die gewoonte relatief te besweer), apatie en ook om soms so hard probeer dat jy dalk die spyker raakgeslaan het, maar hom ook onherroeplik gebuig het.

Om by die gatkant te begin en vorentoe te werk...
Sopas het ek 'n boek deur Jaco Kirsten, om na 'n wit plafon te staar, klaargelees en dit het my kop behoorlik aan die stink. gun my nou my leke opinie: So... dis 'n boek oor die skryf van 'n boek (moet nou nie klaar begin spot nie, asseblief - laat ek eers my steek inkry). Die fiksionele boek is uiters kontroversieel en suksesvol en gaan oor 'n velpigment-eksperiment wat alle wit mense swart kan maak. Nie te shitty idee nie - dink net hoe lekker sal almal hul in mekaar se skoene kan plaas en daai stuff. Die fisiese, regte-egte, vis-en-chips-papier-blaaie sagteband gaan oor die ou wat die storie skryf. Deur die loop van die boek speel die skrywer heeltemal te veilig met sy aannames deur dit in die tweede, fiksionele boek te regverdig. Dis jammer, want as hy dit nie gedoen het nie, sou die klippe wat die regte boek gooi dalk net meer universeel en treffend gewees het, sonder dat dit oorlaai is met Lourens, die hoofkarakter, se eie misrabele lewe turn superstar, se ideologiese regverdigings. Nie dat die boek my nie aan die dink gekry het nie (soos reeds vermeld, meneer), maar hel, dis moeilik om met die hoofkarakter of die raakvat kommentaar te assosieer as die grootste loser in die boek my aan myself laat dink. Introspeksie is natuurlik nie 'n te kak idee nie. So daar... die boek oor chips op skouers en die geen oplossing-oplossing wat dit bied, het my nou 'n chip op my skouer gegee, maar dis all cool (djiss, ek laaik hierdie engafrikaans!) aangesien ek 'n kind van my tyd is en ons grootste kenmerk/pluspunt is ons ongelooflike vermoeë om apaties like hell te bly (ek sien die amerikaners noem ons die hipster generation)

Vergun my net die vergulde geleentheid, dames en here, om gou met 'n ander deur in 'n ander huis te val. Vandag moes ek die besluit maak of ek 'n petisie vir die behoud van afrikaans op kampus wil onderteken. Ek is blerrie vurig oor afrikaans, maar oor die VF+... nie juis nie. Ek moes baie hard met my apatiese self praat en sê dat opinieloosheid erger as daai adam tas-bliksems is, en toe teken ek maar die ding. there, i've said it!! ek verstaan nie juis die groter prentjie i.t.v. die hele taalstryd op tuks nie (dis die ou ballies by "jou pa soek jou" se werk), maar ek verstaan wel deeglik (veral na die lees van die boek waaroor ek nou net breingal gebraak het) dat mens nie bang moet wees om aan te spreek wat jou na aan die hart lê nie - al kom dit effens regserig voor... regs + links + 'n tikkie (ja, net 'n tikkie) apatie mag dalk net maak dat hierdie koek rys/reis.

Laastens, ek en my rookgewoontes. Die ander aand is ek effens geteer-en-veer deur die liewe maats van my wat nog nooit gerook het nie, al soms gerook het, of soos ek gerook het en (relatief) opgehou het. Ek is in my proses om te quit, maar is baie prontuit oor die feit dat ek gladnie van plan is om heeltemal op te hou nie. Ja, nou dat ek minder rook en meer bewus is van daai kêk smaak in my ongeborselde bek as ek in die oggende wakker word, verstaan ek die argument dat rook sommer 'n stjupid gewoonte is met GEEN voordele nie... behalwe, natuurlik, daai een rede wat my keer op keer nog een laat light. Neeee, nie addiction nie, poepol! Sien, hier is my teorie: toe ek nog 'n geleentheidsroker was (ja, soos meeste maar begin met die rookstorie) het ek altyd gerook wanneer ek die skwêr gekap het of good times met my maats gehad het. Nou, as permanente roker rook ek steeds van tyd tot tyd as ek good times het, maar meeste van die tyd is dit sommer deur die loop van die mundane, dag-tot-dag bestaan van die my gemiddelde studente lewe. Dis egter effens moeilik vir my om non chalant te aanvaar dat ek so grys bestaan voer, en elke keer as nog 'n tjoefie light, dan se my onderbewussyn "ja bra, nou rol jy weer". now you go think about this, voor jy hierdie as bullshit afmaak, mmmkay? (ek weet die ander rookkoppe sal met my saamstem)

flip you in the seaside!

(ps - die Stellies lingo, soos ek belowe het: welkom in Pretoria; bff; dankie dat ons kan vriende wees; tough croud, tough croud, mamma voëltjie, baba voëltjie; juss, eks effens dors; ens. as jy aan nog kan dink, add hulle)